DIE VEILIGHEID VAN BRAVECTO®


09 Aug
09Aug

Bravecto® is ‘n middel, vervaardig deur MSD, wat gebruik word vir die behandeling van bosluise, myte en vlooie op honde en katte. Dit effektiwiteit daarvan is 90-95% en die nawerkingvan ‘n enkele dosering is 3 tot 4 maande. Dit is dus ‘n baie effektiewe middel vir die beheer van bosluise, myte en vlooie. 



Die laaste paar maande gons die media en sosiale media oor die gevaar van Bravecto®. Daar is eienaars wat beweer dat Bravecto® die oorsaak is van neurologiese probleme in hulle honde en selfs lei tot dood in sekere gevalle. 

Tot op hede is daar geen wetenskaplike bewyse dat Bravecto® wel neurologiese probleme veroorsaak in pasiënte nie. Toetse wat gedoen is, het bewys dat Bravecto® tydens oordosering geen newe-effekte in pasiënte getoon het nie. Persoonlik het ek tot op hede nog geen klagtes ontvang (rakende enige newe-effekte) vanaf kliënte wat wel Bravecto® vir hulle diere-kinders gebruik nie. Ek het ook met ander veeartse(reg oor Suid-Afrika) gepraat oor die saak en geen een van hulle het enige probleme ondervind nie. Waar ‘n mens versigtig moet wees is in pasiënte wat jonger is as 8 weke of ligter is as 2 kilogram. Die produk is nie in hierdie pasiënte getoets nie. Hierdie waarskuwing is wel op die produk se verpakking aangebring. Dit is wel veilig om te gebruik in teel honde en dragtige en lakterende moeders (tewe). 

As kliënt is u enige tyd welkom om die produk met my te kom bespreek. Ek sal u ook aanraai dat indien u die produk gebruik en probleme ondervind, kontak ons asb. by Beaufort Dierekliniek en rapporteer die probleem, sodat ons dit onder die aandag van die vervaardiger kan bring. As u diere-kind ‘n epilepsie-lyer is, sal ek u aanraai om die produk met versigtigheid te gebruik en u diere-kind te monitor vir enige newe-effekte.


Vriendelike groete

Dr. Bennie Grobler

Beaufort Diereklineik

Comments
* The email will not be published on the website.